Behuising in Ongwediva vorder

Die Ongwediva-dorpsraad en die Shack Dwellers Federation het onlangs ‘n sooispitseremonie by die Sky-nedersetting gehou vir die konstruksie van 21 behuisingseenhede in die eerste fase van die ontwikkleing van 98 erwe. Die seremonie is deur die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, en die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Natalia /Goagoses bygewoon. Hulle het die dorpsraad aangemoedig om meer grond vir behuising beskikbaar te stel. Jackson Muma, Ongwediva se woordvoerder, praat met Kosmos 94.1 Nuus.