Macron soek ondersoek na Pegasus

Die Franse President Emmanuel Macron, het gevra vir ‘n reeks ondersoeke na die Pegasus-spioenware kwessie. Hy is een van verskeie wêreldleiers, insluitend President Cyril Ramaphosa, wie se selfone geteiken is deur ‘n spioenasie-instrument wat deur die Israelse maatskappy, NSO, ontwerp is. Die ondersoek het ‘n lys van meer as 50 000 selnommers onthul. Die nommers behoort aan mense wat na bewering sedert 2016 deur NSO se kliënte vir waarneming geïdentifiseer is. Macron het die saak as ernstig bestempel.