Inflasie is gekoppel aan inentings

Die jongste navorsing deur High Economic Intelligence in Windhoek toon dat die hoë inflasie wat plaaslike, en elders ervaar word, aangedryf is deur die onderbrekings in die voorsieningskettings as gevolg van die Covid-pandemie. Volgens die navorsing, het ekonomiese herstel, aangedryf deur inenting, aanvraag laat toeneem. Dit is ook die mening van die navorsers dat die impak van Covid op inflasie gekoppel is aan die uitrol van intentingsveldtogte. In Namibië is inflasie op 4,1 persent met die repokoers op 3,5 persent. Suid-Afrika het 5,2 persent inflasie en ook ‘n 3,5 persent repokoers. Mauritius se repokoers is tan 1,85 persent met 5,9 persent inflasie. Botswana se inflasie is tans op 8,2 persent en die repokoers is op 3,75 persent. In Zambië beleef verbruikers 24,6 persent inflasie en die repokoers is 8,5 persent.