Plaas moratorium op staatsbegrafnisse

Kenners is dit eens dat die regering ‘n moratorium op staatsbegrafnisse moet plaas nadat die jaarlikse begroting reeds met 5 miljoen Namibiese dollar oorskry is. Sedert Januarie vanjaar is meer as 6,1 miljoen dollar op 52 staatsbegrafnisse bestee. Die begroting vir die huidige finansiële jaar was ‘n miljoen dollar. Elf staatsbegrafnisse tussen Mei en Julie het belastingbetalers 2,75 miljoen dollar gekos terwyl amptelike begrafnisse vir 39 sterftes 2,86 miljoen dollar die afgelope jaar gekos het. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het dit vroeër so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.