Stortingsterreine ook plaaslik ‘n uitdaging

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie AfriForum het sy jaarlikse oudit-verslag oor vullisverwydering- en stortingsterreine regoor die land bekendgemaak. Die meerderheid voldoen nie aan die nodige wetgewing nie en die verslag sal aan die Groen Skerpioene vir wetstoepassing oorhandig word. Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor plaaslike uitdagings in die verband.