Fishrot-lot weer vandag in die hof

Die Fishrot-beskuldiges se twee sake is weer vandag voor regter Christie Liebenberg. Verskeie kwessies sal verder uitgestryk word vandag wat dokumente, inligting en meer insluit. Daar is sewe verdagtes: Bernhardt Esau, Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo. Hulle verskyn steeds in twee afsonderlike sake omdat uitspraak in die samevoeging aansoek nog verwag word. In die eerste saak is die sewe in hegtenis geneem in November 2019 in verband met die omkoop skandaal van meer as 150 miljoen Namibiese doller in verband met die visvang kwotas vir die yslandse vismaatskappy Samherji. Die tweede saak hou verband met die misbruik van mag, geldwassery, bedrog en sameswering om korrupsie te pleeg. Die saak hou verband met wanvoorstellings aan die Ontvanger oor Nengomar Pesca Namibië se inkomste wat onderverklaar is.