Pfizer sal deur Biovac in SA vervaardig word

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê die Pfizer/BioNTech-vennootskap met Biovac is ‘n welkome hupstoot vir die ekonomie van Kaapstad en die provinsie. Die Kaapstadse spesialis biotegnologie-maatskappy, Biovac, het ‘n ooreenkoms bereik vir die vervaardiging van die Pfizer-BioNTech Covid-19-entstof vir verspreiding in die Afrika-unie-gebied. Maynier sê hulle bly verbind tot samewerking met die privaatsektor in reaksie op die Covid-19-pandemie en die inentingsverspreidingstrategie: