Zambezi se invoere en uitvoere daal

Die Zambezi-streek se direktoraat van doeane en aksyns het in die 2020-2021 finansiële jaar ‘n verlies van 23 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Volgens die direktoraat verteenwoordig dit ‘n daling van 26 persent in inkomste vergeleke met die vorige jaar. Totale inkomste in 2020-2021 was 65 miljoen Namibiese dollar teenoor 88 miljoen in 2019-2020. Verklarings in verband met beide uitvoere en invoere het in 2020-2021 toegeneem met net minder as 15 900 vir invoere en net meer as 16 000 vir uitvoere. In die vorige finansiële jaar was die twee syfers onderskeidelik net meer as 13 000 en 14 000. Dus het die waarde van beide uitvoere en invoere gedaal.