UCT stel eerste aanlyn hoërskool bekend

Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Debbie Schäfer, het die bekendstelling van die Universiteit van Kaapstad se aanlyn hoërskool verwelkom. Die universiteit is nou die eerste in Afrika om sy kundigheid na die sekondêre onderrig-sektor uit te brei. Die universiteit se vise-kanselier, Mamokgethi Phakeng, sê hulle is verbind om die ingewortelde uitdagings in die onderwysstelsel aan […]

Read More

Wêreld kry nog ‘n koning-jagluiperd by

‘n Natuurreservaat in Limpopo het aangekondig vyf jagluiperd-welpies by hul perseel gebore is. Een van die welpies is ‘n skaars koning-jagluiperd. Daar is net tussen 30 en 50 van die diere in die wêreld. Hoewel die diere in aanhouding gebore is, sal hulle weer in die natuur vrygelaat word aangesien dit ‘n belangrike deel van […]

Read More

Stad Whk verduidelik die verwydering van informele wonings

Stad Windhoek sal om 12-uur vandag ‘n mediakonferensie hou om die gebeure by Babylon in die Tobias Hainyeko kiesafdeling, waar verskeie informele huise afgebreek is te verduidelik. Die burgemeester, dr. Job Amupanda sal die media toespreek. Dit sal ook regstreeks uitgesaai word op Stad Windhoek se Facebook-blad soos Harold Akwenye van Stad Windhoek verduidelik.

Read More

Ndeitunga bring hulde aan Pool

Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het sy medelye uitgespreek na die afsterwe van die afgetrede generaal-majoor Marthinus Albertus Pool. Luidens ‘n verklaring wat deur Ndeitunga uitgereik is, het Pool na Namibiese onafhanklikheid by die mag aangebly en gehelp om die Namibiese polisiemag te stig. Hy was ook die eerste adjunk-luitenant-generaal van […]

Read More

Armer lande sal sukkel met herstel omdat daar entstof-tekorte is

Ongelykheid in Covid-19-inentings gaan ‘n blywende en diepgaande uitwerking op maatskaplike-ekonomiese herstel in middel- en laer-inkomste lande hê indien daar nie dringend opgetree word om verskaffing uit te brei nie. Dit is volgens nuwe inligting van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, die Wêreld-Gesondheidsorganisasie en die Universiteit van Oxford. Die data toon ‘n versnelling in die […]

Read More

Belastingvoordele vir koolstofneutrale projekte in SA

Die buurland se Nasionale Tesourie het wysigings aan die Koolstofbelastingwet gepubliseer. Die regulasies maak voorsiening vir die kriteria vir koolstofneutraliteitsprojekte. Die Tesourie sê in ‘n verklaring voorleggings van die publiek is by die nuwe regulasies geïnkorporeer. Die hoof van sakeontwikkeling by Economic Development Solutions, Eckart Zollner, sê die belastingvrye toelaag vir koolstofneutrale projekte help ondernemings […]

Read More

1,5 miljoen rondtes ammunisie tydens onluste gesteel

Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor meer as 1,5 miljoen rondtes ammunisie wat tydens die onluste gesteel is in Durban. Volgens die instituut kan die ammunisie reeds in die besit van misdadigers wees. Media in die buurland berig dat die ammunisie in ‘n vraghouer by ‘n depot in Prospecton, net […]

Read More

Minibus-taxis staak

Minibus taxibustuurders in Windhoek het gestaak tot owerhede hulle toelaat om weer hulle voertuie vol passasiers te laai. Op die oomblik mag hulle net 50 persent van die toegelate passasiers vervoer, ingevolge die jongste maatreëls. Die minibus-eienaars sê hulle teken verliese aan. Die vervoerministerie het die taxi-tarief van 12 dollar na 14 dollar verhoog en […]

Read More

Dry wil by Spele uitdraf

Die Springbok Sewes rugbyspeler, Chris Dry, sê hy is opgewonde oor die moontlikheid om by die Tokio Olimpiese Spele te speel. Hy was ‘n plaasvervanger in die span vir die 2016-Rio de Janeiro Spele, maar het nooit in enige wedstryd gespeel nie. Die Blitsbokke begin hulle Olimpiese veldtog teen Ierland wat vir die eerste keer […]

Read More

Spele: WGO reik waarskuwing uit

Die Tokio Olimpiese Spele is om die draai en die organiseringskomitee tref die laaste reëlings om alles in plek te kry. Met die Spele wat midde die Covid-pandemie aangebied word, het Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie Olimpiese deelnemers oor die gevare van die pandemie gewaarsku.

Read More