Wêreld kry nog ‘n koning-jagluiperd by

‘n Natuurreservaat in Limpopo het aangekondig vyf jagluiperd-welpies by hul perseel gebore is. Een van die welpies is ‘n skaars koning-jagluiperd. Daar is net tussen 30 en 50 van die diere in die wêreld. Hoewel die diere in aanhouding gebore is, sal hulle weer in die natuur vrygelaat word aangesien dit ‘n belangrike deel van die reservaat se bewaringsprogramme vorm. ‘n Soogdierkenner, Gerrie Camacho, sê die koningjagluiperd kom net in Suidelike-Afrika voor.