Minibus-taxis staak

Minibus taxibustuurders in Windhoek het gestaak tot owerhede hulle toelaat om weer hulle voertuie vol passasiers te laai. Op die oomblik mag hulle net 50 persent van die toegelate passasiers vervoer, ingevolge die jongste maatreëls. Die minibus-eienaars sê hulle teken verliese aan. Die vervoerministerie het die taxi-tarief van 12 dollar na 14 dollar verhoog en die tarief is geldig tot die maatreëls verslap word maar dit blyk om nie genoeg te wees nie. Die vakbond, Nabta, sê hulle sal owerhede nader om ‘n oplossing te vind.