UCT stel eerste aanlyn hoërskool bekend

Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Debbie Schäfer, het die bekendstelling van die Universiteit van Kaapstad se aanlyn hoërskool verwelkom. Die universiteit is nou die eerste in Afrika om sy kundigheid na die sekondêre onderrig-sektor uit te brei. Die universiteit se vise-kanselier, Mamokgethi Phakeng, sê hulle is verbind om die ingewortelde uitdagings in die onderwysstelsel aan te pak. Schäfer sê dit sal nuwe geleenthede vir leerders regoor die land skep wanneer klasse in Januarie volgende jaar begin: