Dry wil by Spele uitdraf

Die Springbok Sewes rugbyspeler, Chris Dry, sê hy is opgewonde oor die moontlikheid om by die Tokio Olimpiese Spele te speel. Hy was ‘n plaasvervanger in die span vir die 2016-Rio de Janeiro Spele, maar het nooit in enige wedstryd gespeel nie. Die Blitsbokke begin hulle Olimpiese veldtog teen Ierland wat vir die eerste keer aan die Spele deelneem. Dry sê die span het besluit elke oomblik is belangrik en gaan die beste van alle situasies maak.