Armer lande sal sukkel met herstel omdat daar entstof-tekorte is

Ongelykheid in Covid-19-inentings gaan ‘n blywende en diepgaande uitwerking op maatskaplike-ekonomiese herstel in middel- en laer-inkomste lande hê indien daar nie dringend opgetree word om verskaffing uit te brei nie. Dit is volgens nuwe inligting van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, die Wêreld-Gesondheidsorganisasie en die Universiteit van Oxford. Die data toon ‘n versnelling in die vervaardiging van en die deel van genoeg entstofdosisse met lae-inkomste lande kan 554 miljard Namibiese dollar tot die beraamde bruto binnelandse produk vir 2021 bydra. Achim Steiner van die VN se ontwikkelingsprogram sê in sommige lande is minder as een-persent van die bevolking ingeënt.