1,5 miljoen rondtes ammunisie tydens onluste gesteel

Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor meer as 1,5 miljoen rondtes ammunisie wat tydens die onluste gesteel is in Durban. Volgens die instituut kan die ammunisie reeds in die besit van misdadigers wees. Media in die buurland berig dat die ammunisie in ‘n vraghouer by ‘n depot in Prospecton, net suid van Durban deur die plunderaars gesteel is. Johan Burger, ‘n senior navorser by die instituut het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse polisie gedoen om die ammunisie so vinnig as moontlik op te spoor.