Spele: WGO reik waarskuwing uit

Die Tokio Olimpiese Spele is om die draai en die organiseringskomitee tref die laaste reëlings om alles in plek te kry. Met die Spele wat midde die Covid-pandemie aangebied word, het Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie Olimpiese deelnemers oor die gevare van die pandemie gewaarsku.