Skoolhoof beboet ná hy kind dwing om selfoon uit puttoilet te haal

‘n Voormalige Oos-Kaapse skoolhoof moet ‘n boete van 4 000 Namibiese dollar betaal of twee jaar tronkstraf uitdien nadat hy ‘n graad 6-leerder gedwing het om sy selfoon uit ‘n puttoilet te haal. Lubeko Mgandela het in die Solo-landdroshof verskyn, waar hy skuld beken het op ‘n aanklag van kindermishandeling. Die voorval het in Maart […]

Read More

SA-dodetal ná geweld staan nou op 337

Die Suid-Afrikaanse regering het die dodetal gekoppel aan verlede week se geweld en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng aangepas. Die waarnemende minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het tydens ‘n mediakonferensie gesê die aantal sterftes in Gauteng staan tans op 79 en in KwaZulu-Natal op 258, wat die totaal op 337 te staan bring. Daar […]

Read More

Namibiese toerisme: Kamerbesetting slegs 23 persent

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se toerismestatistieke vir die tweede kwartaal dui op ‘n gemiddelde kamerbesetting van net bo 23 persent, in vergelyking met die byna 54 persent in dieselfde tydperk in 2019, die laaste normale jaar vir toerismesektor voor die Covid-pandemie. Namibiërs het sowat 53,6 persent van alle kamers beset, met Duitsers, Switsers en Oostenrykers […]

Read More

Eskom meld vandalisme en diefstal in Gauteng aan

Eskom het voorvalle van vandalisme en diefstal van sy infrastruktuur in Gauteng veroordeel. Dit volg na verskeie voorvalle waar die kragvoorsiener se toerusting gebreek of gesteel is. In Edenvale is inwoners sonder krag gelaat nadat toerusting in die gebied gesteel is terwyl ‘n voorval van diefstal ook in Westonaria aangemeld is. ‘n Woordvoerder, Amanda Qithi, […]

Read More

Dodetal in China nou 33 ná oorstromings

Die dodetal na verwoestende oorstromings in die Henan-provinsie in Sentraal-China het gestyg tot minstens 33 terwyl agt mense steeds vermis word. Honderde duisende mense is ontwortel en die ekonomiese skade word op miljarde rande geskat. Die meteorologiese kantoor in Henan se hoofstad Zhengzhou, beskryf die vlak van reënval as iets wat een keer in ‘n […]

Read More

SA staatsprokureur soek R18 miljoen regskoste van Zuma

Die staatsprokureur is voornemens om meer as 18-miljoen-rand se regskoste van oudpresident Jacob Zuma te verhaal. Isaac Chowe het aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê die staat het meer as 18,2-miljoen-rand bestee aan sy korrupsiesaak wat met die omstrede wapenskandaal verband hou. Zuma se verhoor vind tans in Pietermaritzburg plaas. Volgens News24 wil Chowe ‘n […]

Read More

SA-repokoers onveranderd

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy terugkoopkoers onveranderd op 3,5 persent gelaat. Die voorgestelde rentekoers-roete van die kwartaallikse projeksiemodel dui op ‘n toename van 25 basispunte in die vierde kwartaal van 2021 en in elk van 2022 se kwartale. Die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, het tydens ‘n mediakonferensie gesê die ekonomie moet ondersteun word omdat […]

Read More

Namibë Toerisme-ekspo 2021 gekanselleer

Namibia Media Holdings het aangekondig dat dit vir die eerste keer in 23 jaar die gewilde Namibia Toerisme-ekspo vir 2021 gaan kanselleer. Volgens die mediagroep se skakelbeampte, Maggy Mbako gaan die maatskappy sy gewig agter die Namibiese gesondheidsministerie gooi om meer Namibiërs te laat inent. Namibia Media Holdings, die Namibië Toerismeraad, die toerismeministerie, asook die […]

Read More

Kwesbare kinders in Tshwane ly honger weens laat betaling

Die DA in Gauteng sê kwesbare kinders in Tshwane en omliggende gebiede loop die gevaar om honger te ly weens die departement van maatskaplike ontwikkeling se versuim om nieregeringsubsidies betyds aan die Christelike Maatskaplike Raad te betaal. Die raad in Pretoria het drie afdelings wat onder meer kos, klere en skuiling aan behoeftige gesinne bied. […]

Read More

Waar word buitelandse Covid-slagoffers begrawe?

Die Covid-pandemie het erge impakte op ons lewens en daar is soveel beperkings. Een van die beperkings behels dat dit nie aan familielede die geleentheid gee om ordentlik op ‘n begrafnis van ‘n slagoffer afskeid te neem nie. Kosmos 94.1 Nuus wou weet wat gebeur met buitelandse burgers wat in Namibië aan Covid beswyk. Sal […]

Read More