Namibë Toerisme-ekspo 2021 gekanselleer

Namibia Media Holdings het aangekondig dat dit vir die eerste keer in 23 jaar die gewilde Namibia Toerisme-ekspo vir 2021 gaan kanselleer. Volgens die mediagroep se skakelbeampte, Maggy Mbako gaan die maatskappy sy gewig agter die Namibiese gesondheidsministerie gooi om meer Namibiërs te laat inent. Namibia Media Holdings, die Namibië Toerismeraad, die toerismeministerie, asook die Namibiese Federasie van Toerismeverenigings, oftewel Fenata, se doelwit is dat een miljoen Namibiërs voor 1 September ingeënt moet wees. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, gee haar mening aan Kosmos 94.1 Nuus.