SA-dodetal ná geweld staan nou op 337

Die Suid-Afrikaanse regering het die dodetal gekoppel aan verlede week se geweld en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng aangepas. Die waarnemende minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het tydens ‘n mediakonferensie gesê die aantal sterftes in Gauteng staan tans op 79 en in KwaZulu-Natal op 258, wat die totaal op 337 te staan bring. Daar is vandag geen nuwe voorvalle van geweld aangemeld nie.