Eskom meld vandalisme en diefstal in Gauteng aan

Eskom het voorvalle van vandalisme en diefstal van sy infrastruktuur in Gauteng veroordeel. Dit volg na verskeie voorvalle waar die kragvoorsiener se toerusting gebreek of gesteel is. In Edenvale is inwoners sonder krag gelaat nadat toerusting in die gebied gesteel is terwyl ‘n voorval van diefstal ook in Westonaria aangemeld is. ‘n Woordvoerder, Amanda Qithi, sê in laasgenoemde geval is ‘n verdagte in hegtenis geneem.