SA staatsprokureur soek R18 miljoen regskoste van Zuma

Die staatsprokureur is voornemens om meer as 18-miljoen-rand se regskoste van oudpresident Jacob Zuma te verhaal. Isaac Chowe het aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê die staat het meer as 18,2-miljoen-rand bestee aan sy korrupsiesaak wat met die omstrede wapenskandaal verband hou. Zuma se verhoor vind tans in Pietermaritzburg plaas. Volgens News24 wil Chowe ‘n dagvaarding uitreik indien die bedrag nie teen ‘n bepaalde datum betaal is nie. Die Appèlhof het in Mei Zuma se aansoek van die hand gewys dat die staat vir sy regskoste aanspreeklik is.