SA-repokoers onveranderd

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy terugkoopkoers onveranderd op 3,5 persent gelaat. Die voorgestelde rentekoers-roete van die kwartaallikse projeksiemodel dui op ‘n toename van 25 basispunte in die vierde kwartaal van 2021 en in elk van 2022 se kwartale. Die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, het tydens ‘n mediakonferensie gesê die ekonomie moet ondersteun word omdat dit nog steeds sukkel om van die koronavirus-pandemie se uitwerking te herstel. Hy sê inflasie is redelik onder beheer.