Waar word buitelandse Covid-slagoffers begrawe?

Die Covid-pandemie het erge impakte op ons lewens en daar is soveel beperkings. Een van die beperkings behels dat dit nie aan familielede die geleentheid gee om ordentlik op ‘n begrafnis van ‘n slagoffer afskeid te neem nie. Kosmos 94.1 Nuus wou weet wat gebeur met buitelandse burgers wat in Namibië aan Covid beswyk. Sal die liggaam van die slagoffer in sy of haar geboorteland begrawe kan word, of nie? Die Namibiese gesondheidsgesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê dit hang af van die Covid-protokol van die land van herkoms van die oorledene. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.