Dodetal in China nou 33 ná oorstromings

Die dodetal na verwoestende oorstromings in die Henan-provinsie in Sentraal-China het gestyg tot minstens 33 terwyl agt mense steeds vermis word. Honderde duisende mense is ontwortel en die ekonomiese skade word op miljarde rande geskat. Die meteorologiese kantoor in Henan se hoofstad Zhengzhou, beskryf die vlak van reënval as iets wat een keer in ‘n duisend jaar gebeur. Henan se departement van waterbronne beskryf dit in sommige dele selfs as een keer in 5 000 jaar.