Kwesbare kinders in Tshwane ly honger weens laat betaling

Die DA in Gauteng sê kwesbare kinders in Tshwane en omliggende gebiede loop die gevaar om honger te ly weens die departement van maatskaplike ontwikkeling se versuim om nieregeringsubsidies betyds aan die Christelike Maatskaplike Raad te betaal. Die raad in Pretoria het drie afdelings wat onder meer kos, klere en skuiling aan behoeftige gesinne bied. DA-lid, Bronwynn Engelbrecht, sê die party sal aan die LUR vir maatskaplike ntwikkeling skryf en vra dat die betalings versnel word.