Amerikaners skenk weer

Die Amerikaanse ambassade in Namibië het mediese en elektroniese toerusting ter waarde van 9,6 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk ter ondersteuning van die verspreiding van Covid-entstowwe in die land. Walter Parrs, die skakelbeampte van die Amerikaanse ambassade, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Namibiese bevolking moet ingeënt word in die stryd […]

Read More

Spele: Djokovic sal op hede konsentreer

Die twintigmalige Grand Slam-wenner Novak Djokovic, sê hy bly in die hede en wil nie deur die verlede teruggehou word nie. Hy probeer die eerste man in die geskiedenis word om ‘n Golden Slam te behaal deur in dieselfde jaar die vier groot toernooie én ‘n goue medalje by die Olimpiese Spele te wen. Hy […]

Read More

Sektor-inentings kom tot einde in SA

Die Suid-Afrikaanse waarnemende gesondheidsminister Mmamoloko Kubayi sê alles dui daarop dat Suid-Afrika die hoogtepunt van die derde vlaag bereik het. Daar is egter kommer oor die moontlike impak van die onrus op nuwe Covid-19 besmettings. Die minister voeg by dat die Covid-19 ministeriële advieskomitee die departement se versoek goedgekeur het om weg te doen met […]

Read More

RMA dek lankal aanvullings

Renaissance Health Medical Aid Fund het in ‘n verklaring gesê dat alle aanvullings en vitamiene ook deur sy fonds gedek word, ook op self-medikasie en dat dit reeds agt jaar geldig is. Die fonds het beklemtoon dat hy die algehele gesondheid van sy lede as van kritiese belang ag, veral nou tydens die pandemie. Die […]

Read More

NLU het kommer oor olifant-getalle

Volgens ’n ondersoek na olifantgetalle deur die Namibiese omgewingsministerie het die olifantbevolking gegroei van 7 000 in 1990 tot 30 000 in 2016, met ’n beraamde 35 000 diere tans – dus ’n vyfvoudige groei in getalle. Dit sluit nie noodwendig die vry-bewegende olifante uit Botswana in nie. Talle meen die situasie is nie volhoubaar […]

Read More

Inperkings raak veral die varkbedryf in buurland, en plaaslik ook

Nes in Namibië, neem die aanvraag na produkte wat in die gasvryheidsbedryf gebruik word, af terwyl restaurante in die buurland tydelik gesluit is en geleenthede nie kon plaasvind nie. Dit sluit produkte soos ontbytspek, mikro-groente en blaarslaai in. Die Suid-Afrikaanse Restaurantvereniging sê weens die afname in voedselvoorbereiding kon restaurante nie produkte in grootmaat aankoop nie. […]

Read More

Onluste: amper 50 000 dosisse entstof verwoes

Die waarnemende gesondheidsminister in die buurland, Mmamoloko Kubayi, sê 47 500 dosisse Covid-19 entstowwe is tydens verlede week se plundering en onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng vernietig. Sy sê 120 apteke is ook verwoes. Kubayi het vanoggend tydens ‘n inligtingsessie oor Covid-19 gesê die meeste openbare entstofpersele in KZN is nie beskadig nie, maar in […]

Read More

Verwagtinge vir Nam-repokoers

‘n Namibiese ekonoom gee sy verwagtinge of die Namibiese terugkoopkoers gaan verander of nie ná die Suid-Afrikaanse Reserwebank gister sy repokoers onveranderd op 3,5 persent gelaat het. Die voorgestelde rentekoers-roete van die kwartaallikse projeksiemodel dui op ‘n toename van 25 basispunte in die vierde kwartaal van 2021 en in elk van 2022 se kwartale. Robert […]

Read More

Ses vas vir komplot om Rajoelina te vermoor

‘n Franse burger is onder ses mense wat in hegtenis geneem is in verband met ‘n komplot om die president van Madagascar Andry Rajoelina te vermoor. Volgens owerhede in die land is die ander van Madagascar en twee het beide Franse Malagassiese burgerskap. Rajoelina se broer, Patrick, wat een van sy adviseurs is het aan […]

Read More

Eerste SA-handelaar gestraf vir gemmerpryse

‘n Groentehandelaar van Pretoria moet noodsaaklike goedere soos groente, vrugte en kruideniersware aan die Amadea-tehuis in die stad skenk. Dit volg nadat die Kompetisie-kommissie bevind het Fruit Stop Wonderboom het ‘n wins van 23 000 Namibiese dollar gemaak deur kopers tussen April en Junie verlede jaar gedurende die Covid-19-inperking buitensporige pryse vir rou gemmer laat […]

Read More