Onluste: amper 50 000 dosisse entstof verwoes

Die waarnemende gesondheidsminister in die buurland, Mmamoloko Kubayi, sê 47 500 dosisse Covid-19 entstowwe is tydens verlede week se plundering en onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng vernietig. Sy sê 120 apteke is ook verwoes. Kubayi het vanoggend tydens ‘n inligtingsessie oor Covid-19 gesê die meeste openbare entstofpersele in KZN is nie beskadig nie, maar in Gauteng was daar ‘n minimale onderbreking met inentings.