RMA dek lankal aanvullings

Renaissance Health Medical Aid Fund het in ‘n verklaring gesê dat alle aanvullings en vitamiene ook deur sy fonds gedek word, ook op self-medikasie en dat dit reeds agt jaar geldig is. Die fonds het beklemtoon dat hy die algehele gesondheid van sy lede as van kritiese belang ag, veral nou tydens die pandemie. Die fonds sê hy dek ook Covid-19 behandeling wat tuis plaasvind.