Amerikaners skenk weer

Die Amerikaanse ambassade in Namibië het mediese en elektroniese toerusting ter waarde van 9,6 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk ter ondersteuning van die verspreiding van Covid-entstowwe in die land. Walter Parrs, die skakelbeampte van die Amerikaanse ambassade, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Namibiese bevolking moet ingeënt word in die stryd teen Covid-19 in die land en die wêreld.