Verwagtinge vir Nam-repokoers

‘n Namibiese ekonoom gee sy verwagtinge of die Namibiese terugkoopkoers gaan verander of nie ná die Suid-Afrikaanse Reserwebank gister sy repokoers onveranderd op 3,5 persent gelaat het. Die voorgestelde rentekoers-roete van die kwartaallikse projeksiemodel dui op ‘n toename van 25 basispunte in die vierde kwartaal van 2021 en in elk van 2022 se kwartale. Robert McGregor van Cirrus Capital, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.