Ses vas vir komplot om Rajoelina te vermoor

‘n Franse burger is onder ses mense wat in hegtenis geneem is in verband met ‘n komplot om die president van Madagascar Andry Rajoelina te vermoor. Volgens owerhede in die land is die ander van Madagascar en twee het beide Franse Malagassiese burgerskap. Rajoelina se broer, Patrick, wat een van sy adviseurs is het aan media bevestig dat twee van die verdagtes voorheen vir die Franse weermag werksaam was.