Eerste SA-handelaar gestraf vir gemmerpryse

‘n Groentehandelaar van Pretoria moet noodsaaklike goedere soos groente, vrugte en kruideniersware aan die Amadea-tehuis in die stad skenk. Dit volg nadat die Kompetisie-kommissie bevind het Fruit Stop Wonderboom het ‘n wins van 23 000 Namibiese dollar gemaak deur kopers tussen April en Junie verlede jaar gedurende die Covid-19-inperking buitensporige pryse vir rou gemmer laat betaal het. Die skenking aan dié gemeenskapsorganisasie is deel van die ooreenkoms op grond van die kommissie se bevindings.