70% van EU ingeënt

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê hulle het die teiken bereik om 70 persent van die Europese Unie se volwasse bevolking in te ent. Die kommissie is tot dusver verseker van tot 4,4 miljard dosisse van die Covid-19-entstof en daar word onderhandel om nog te bekom. Von der Leyen sê die […]

Read More

Nigeriërs staar hongersnood in die gesig

Human Rights Watch sê die Covid-19-pandemie het die dringende behoefte aan ‘n doeltreffende maatskaplike sekuriteitstelsel in Nigerië sodat alle Nigeriërs ‘n voldoende lewenstandaard kan handhaaf, in die kollig geplaas. Die organisasie sê die afwesigheid van so ‘n stelsel het tot gevolg dat regeringshulp, insluitend kontant-oordrag en kospakkies, net ‘n breukdeel van die mense bereik. Die […]

Read More

NaTIS skort nuwe aansoeke tot 6 Aug. op

Die Namibiese Paaie-owerheid sê die opskorting van nuwe leerlinglisensie-besprekings is verleng tot Vrydag, 6 Augustus en kliënte wat leerlinglisensies het wat tussen 1 Julie en 6 Augustus verval kan aansoek doen vir die rybewystoets. Besprekings vir rybewystoetse is ook tot 6 Augustus opgeskort maar as jy reeds ‘n bespreking het sal dit eerbiedig word. Padvaardigheidstoetse […]

Read More

Skrikwekkende getuienis oor Capitol Hill-aanval

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se ondersoek na die aanval op Capitol Hill op 6 Januarie vanjaar het begin. Die verhoor word deur twee verteenwoordigers van die Republikeinse-party en sewe Demokrate gehou. Die twee Republikeine het party instruksies teengegaan om deel te neem omdat die Republikeinse-party die verhoor boikot. Intussen het vier Capitol Hill polisiebeamptes […]

Read More

Verbruikers kry die jaar swaarder as in 2020 – Cirrus

Namibië se ekonomiese vooruitsigte vir 2021 lyk nie juis rooskleurig nie, volgens ekonoom Robert McGregor van Cirrus wat hul voorspelling vir ekonomiese groei van 3,8 persent na 2,1 persent hersien het. Die hersiening is te wyte aan die laer diamantproduksie vir 2021, asook die trae Covid-inentings, strenger inperkingsmaatreëls en daarmee saam die onsekerheid vir die […]

Read More

Transnet kuberaanval het impak op sitrusbedryf

Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika sê die ontwrigting weens die kuberaanval wat Transnet se hawestelsel landwyd lamgelê het, kom op ‘n slegte tyd vir die sitrusbedryf. Transnet gee tans voorkeur aan die uitvoer van verkoelde vrag, hoofsaaklik deur die Durbanse hawe. Die vereniging se uitvoerende hoof, Justin Chadwick, sê sake verloop tans redelik glad, maar die […]

Read More

Bedrogspul by Vatikaan, 10 aangekla

Tien mense, waarvan een ‘n kardinaal in die Vatikaan word krimineel aangekla vir geldwassery, diefstal, bedrog en meer. Volgens berigte het aanklaers in die Vatikaan se ondersoek getoon dat verskeie hooggeplaaste rolspelers betrokke was by ‘n bedrieglike eiendomsbelegging van 413 miljoen Amerikaanse dollar. Die klagtes sluit skokkende bewysstukke in, insluitend dat ‘n sogenaamde intelligensie-agent, wat […]

Read More

Nee vir Noa – opposisiepartye

Opposisiepartye in Namibië sê hulle sal die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie vandag teenstaan. Dit is Dinsdag in die parlement deur die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila voorgestel. Die LPM-party sê die voorstel bewys weereens dat die regering sy eie doelwitte bo die van die bevolking stel. Daar word berig dat die […]

Read More

Neem die inenting vra voormalige minister

Dr. Richard Kamwi, die voormalige Namibiese gesondheidsminister en onafhanklike adviseur vir die Wêreldgesondheidsorganisasie, doen ‘n beroep op alle Namibiërs om ingeënt te word. Hy het beklemtoon dat Covid-19 in Namibië en die hele wêreld uitgewis moet word. Dr. Kamwi praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

NSX raak weer besig

Meer as 10 miljoen Namibiese dollar se aandele is op die Namibiese Aandelebeurs verhandel, waarvan meer as 3 miljoen Namibiese dollar se aandele elk van Anglo-American Plc en Shoprite Holdings en meer as 2 miljoen Namibiese dollar van Investec Limited. Tian Bazuin, die uitvoerende hoof van die Namibiese Aandelebeurs sê daar is ‘n opwaartse neiging […]

Read More