Transnet kuberaanval het impak op sitrusbedryf

Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika sê die ontwrigting weens die kuberaanval wat Transnet se hawestelsel landwyd lamgelê het, kom op ‘n slegte tyd vir die sitrusbedryf. Transnet gee tans voorkeur aan die uitvoer van verkoelde vrag, hoofsaaklik deur die Durbanse hawe. Die vereniging se uitvoerende hoof, Justin Chadwick, sê sake verloop tans redelik glad, maar die volgende drie dae tot die einde van die week sal deurslaggewend wees: