70% van EU ingeënt

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê hulle het die teiken bereik om 70 persent van die Europese Unie se volwasse bevolking in te ent. Die kommissie is tot dusver verseker van tot 4,4 miljard dosisse van die Covid-19-entstof en daar word onderhandel om nog te bekom. Von der Leyen sê die EU se inentingsveldtog het sedert die begin van die jaar geweldig versnel: