Skrikwekkende getuienis oor Capitol Hill-aanval

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se ondersoek na die aanval op Capitol Hill op 6 Januarie vanjaar het begin. Die verhoor word deur twee verteenwoordigers van die Republikeinse-party en sewe Demokrate gehou. Die twee Republikeine het party instruksies teengegaan om deel te neem omdat die Republikeinse-party die verhoor boikot. Intussen het vier Capitol Hill polisiebeamptes getuienis gelewer. Harry Dunn sê hulle het amper geen tyd gehad om voor te berei nie en het die eerste waarskuwing etlike oomblikke voor die geweld begin het, ontvang.

Hy sê hy het ook rassistiese aanvalle verduur.