Nigeriërs staar hongersnood in die gesig

Human Rights Watch sê die Covid-19-pandemie het die dringende behoefte aan ‘n doeltreffende maatskaplike sekuriteitstelsel in Nigerië sodat alle Nigeriërs ‘n voldoende lewenstandaard kan handhaaf, in die kollig geplaas. Die organisasie sê die afwesigheid van so ‘n stelsel het tot gevolg dat regeringshulp, insluitend kontant-oordrag en kospakkies, net ‘n breukdeel van die mense bereik. Die Wêreldbank het in Januarie voorspel die pandemie sal tot gevolg hê dat ‘n bykomende 10,9 miljoen Nigeriërs teen volgende jaar in armoede leef. Human Rights Watch sê die ekonomiese uitwerking van Covid-19 het die lot van arm gesinne vererger.