NaTIS skort nuwe aansoeke tot 6 Aug. op

Die Namibiese Paaie-owerheid sê die opskorting van nuwe leerlinglisensie-besprekings is verleng tot Vrydag, 6 Augustus en kliënte wat leerlinglisensies het wat tussen 1 Julie en 6 Augustus verval kan aansoek doen vir die rybewystoets. Besprekings vir rybewystoetse is ook tot 6 Augustus opgeskort maar as jy reeds ‘n bespreking het sal dit eerbiedig word. Padvaardigheidstoetse vind steeds op bespreking plaas maar is beperk. Lisensie-hernuwings duur ononderbroke voort.