NSX raak weer besig

Meer as 10 miljoen Namibiese dollar se aandele is op die Namibiese Aandelebeurs verhandel, waarvan meer as 3 miljoen Namibiese dollar se aandele elk van Anglo-American Plc en Shoprite Holdings en meer as 2 miljoen Namibiese dollar van Investec Limited. Tian Bazuin, die uitvoerende hoof van die Namibiese Aandelebeurs sê daar is ‘n opwaartse neiging in handel in die mark, vermoedelik weens herevaluering en meer positiwiteit in die mark. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.