Nee vir Noa – opposisiepartye

Opposisiepartye in Namibië sê hulle sal die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie vandag teenstaan. Dit is Dinsdag in die parlement deur die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila voorgestel. Die LPM-party sê die voorstel bewys weereens dat die regering sy eie doelwitte bo die van die bevolking stel. Daar word berig dat die PDM sê hy het blykbaar bewyse dat Noa inligting oor ACC-sake met Swapo-geledere op ‘n WhatsApp-groep gedeel het. Die RDP staan ook Noa se heraanstelling teen.