Verbruikers kry die jaar swaarder as in 2020 – Cirrus

Namibië se ekonomiese vooruitsigte vir 2021 lyk nie juis rooskleurig nie, volgens ekonoom Robert McGregor van Cirrus wat hul voorspelling vir ekonomiese groei van 3,8 persent na 2,1 persent hersien het. Die hersiening is te wyte aan die laer diamantproduksie vir 2021, asook die trae Covid-inentings, strenger inperkingsmaatreëls en daarmee saam die onsekerheid vir die res van die jaar. Sektore wat hard geslaan is, is vervaardiging en toerisme, maar nuwe voertuigverkope het verbeter. McGregor verduidelik die redes vir die lae ekonomiese groei aan Kosmos 94.1 Nuus.