‘Dis steeds nee vir ivermektien’

Die registrateur van die van die Namibiese Medisynebeheerraad, Johannes Gaeseb, het gereageer op die Namibiese Private Praktisynsforum se onlangs navorsing onder 1 729 gesondheidsorgverskaffers in Namibië. Die navorsing spruit uit die grootste debat ooit tussen lede van die forum oor kwessies soos die veiligheid en doeltreffendheid van Covid-entstowwe en die gebruik van ivermektien as behandeling […]

Read More

Ombud is nodig vir kantoor om te bestaan – Walters

Die huidige Namibiese ombudsman advokaat John Walters is weer vir ‘n periode van 60 dae aangestel as gevolg van die noodgedwonge uitgestel van die onderhoude vir ‘n nuwe ombudsman. Walters sou einde Julie afgetree het. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sonder iemand in die pos van ombud, kan die kantoor nie bestaan nie.

Read More

Stellenbosch dalk Afrikaanse letterkunde-dorp

Die DA in Suid-Afrika sê hy ondersteun heelhartig ‘n UNESCO-aansoek om Stellenbosch tot ‘n Afrikaanse letterkunde-dorp te verklaar. Dit is onder leiding van dr. Darryl David van die Universiteit van die Wes-Kaap. Indien die aansoek suksesvol is, sal die hele munisipale gebied van Stellenbosch amptelik deur UNESCO erken word as een van slegs 39 letterkunde-dorpe […]

Read More

‘Ek dog dis hoendervoer’ – vermeende dagga-smokkelaar

Die Kongolese burger Gilbert Kalenga, wat gevang is met dagga ter waarde van 1,35 miljoen Namibiese dollar, het in die hof gesê hy was onder die indruk dis hoendervoer. Hy is verlede maand in Swakopmund gevang met 27 kilogram dagga. Hy het getuig dat hy deur ‘n sekere mnr. Gabriel gekontak is om die hoendervoer […]

Read More

Eerste vir vroue in Afrika…

Daar word verwag dat die Kapenaar, Genevieve Lentz, die tafeltennis-wêreld sal verras wanneer sy die eerste vroulike adjunk-skeidsregter vanuit Afrika by die Tokio-spele word. Sy sê sy verteenwoordig nie vir Suid-Afrika nie, maar wel die Internasionale Tafeltennisfederasie. Haar keuring om deel te kan wees van die skeidsregterspan is volgens streng spesifikasies gedoen, wat prestasies van […]

Read More

Schlettwein begin môre voedelkonsultasies vir VN

Die VN sal in September vanjaar ‘n voedselstelsel-beraad hou. Volgens die VN se sekretaris-generaal António Guterres, moet stelsels ontwikkel word om voedseltekorte aan te spreek. Namibië sal ook deelneem en in die verband sal die landbouminister Calle Schlettwein plaaslike verskeie konsultasies en dialoë hou vanaf môre tot die 16de Augustus. Jona Musheko, skakelbeampte by die […]

Read More

Die Wêreld Hepatitisdag

Vandag word Wêreld Hepatitisdag herdenk. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sterf ‘n persoon elke 30 sekondes van ‘n hepatitis-verwante siekte. Die doel is om virale hepatitis teen 2030 uit te wis. Namibië het ook sy eie hepatitis-E epidemie met amper 8 000 gevalle teen Julie 2020 aangemeld. Die hoof van die WGO Tedros Adhanom Ghebreyesus sê meeste […]

Read More

Dagga-permitte is op pad

Die Suid-Afrikaanse dagga-produksiebedryf maak staat op verwagtinge dat die departement van landbou vervaardigings- en produksiepermitte gaan uitreik. Die departement sal na verwagting in Oktober die permitte amptelik oorhandig. Volgens kenners in die bedryf veroorsaak wetgewing in Suid-Afrika dat geleenthede misgeloop word omdat produsente nie kommersieel geregistreer mag word nie. Intussen was daar verwikkelinge om die […]

Read More

Windhoek hersien beleid rakende woonbuurte en besighede

Stad Windhoek hersien sy inwonersbeleid om geleenthede te bied vir beperkte werkverante aktiwiteite in woonbuurte. Die munisipaliteit poog om standaarde te skep en prosedures daar te stel vir inwoners en hulle onderskeie beroepe. Daar is verskeie voorwaardes en van die aktiwiteite wat toelaatbaar is sluit klein kantore, akkommodasie-fasiliteite, dagsorg en meer in. Begrafnisondernemers, veeartse, skoonheidsalonne, […]

Read More

Le Clos fokus nou op 100-meter

Suid-Afrika se ster swemmer Chad le Clos, sê hy is teleurgesteld dat hy nie ‘n medalje in die 200-meter vlinderslag in Tokio kon inpalm nie. Na 100-meter het hy nog voorgeloop, maar moes uiteindelik met die vyfde plek tevrede wees. Die wêreld-rekordhouer van Hongarye, Kristof Milak, het die goue medalje gewen in ‘n nuwe Olimpiese […]

Read More