Eerste vir vroue in Afrika…

Daar word verwag dat die Kapenaar, Genevieve Lentz, die tafeltennis-wêreld sal verras wanneer sy die eerste vroulike adjunk-skeidsregter vanuit Afrika by die Tokio-spele word. Sy sê sy verteenwoordig nie vir Suid-Afrika nie, maar wel die Internasionale Tafeltennisfederasie. Haar keuring om deel te kan wees van die skeidsregterspan is volgens streng spesifikasies gedoen, wat prestasies van skeidsregters deur die jare insluit. Lentz sê die Olimpiese Spele-leerkurwe sal handig te pas kom: