Die Wêreld Hepatitisdag

Vandag word Wêreld Hepatitisdag herdenk. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sterf ‘n persoon elke 30 sekondes van ‘n hepatitis-verwante siekte. Die doel is om virale hepatitis teen 2030 uit te wis. Namibië het ook sy eie hepatitis-E epidemie met amper 8 000 gevalle teen Julie 2020 aangemeld. Die hoof van die WGO Tedros Adhanom Ghebreyesus sê meeste lyers van die siektes kan nie voldoende mediese hulp bekom nie.