‘Dis steeds nee vir ivermektien’

Die registrateur van die van die Namibiese Medisynebeheerraad, Johannes Gaeseb, het gereageer op die Namibiese Private Praktisynsforum se onlangs navorsing onder 1 729 gesondheidsorgverskaffers in Namibië. Die navorsing spruit uit die grootste debat ooit tussen lede van die forum oor kwessies soos die veiligheid en doeltreffendheid van Covid-entstowwe en die gebruik van ivermektien as behandeling teen die Covid-virus. Gaeseb beklemtoon aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar geen nuwe navorsing oor ivermektien is nie en dat dit dus steeds nie as behandeling vir Covid-19 aangewend moet word nie.