Windhoek hersien beleid rakende woonbuurte en besighede

Stad Windhoek hersien sy inwonersbeleid om geleenthede te bied vir beperkte werkverante aktiwiteite in woonbuurte. Die munisipaliteit poog om standaarde te skep en prosedures daar te stel vir inwoners en hulle onderskeie beroepe. Daar is verskeie voorwaardes en van die aktiwiteite wat toelaatbaar is sluit klein kantore, akkommodasie-fasiliteite, dagsorg en meer in. Begrafnisondernemers, veeartse, skoonheidsalonne, houtwerk, motor werktuigkundiges, enige metaalwerk, drankverkope, restaurante en motorwas-fasiliteite word, onder andere, nie toegelaat nie. Inwoners en belanghebbendes kan insae lewer op die stad se webtuiste.