Dagga-permitte is op pad

Die Suid-Afrikaanse dagga-produksiebedryf maak staat op verwagtinge dat die departement van landbou vervaardigings- en produksiepermitte gaan uitreik. Die departement sal na verwagting in Oktober die permitte amptelik oorhandig. Volgens kenners in die bedryf veroorsaak wetgewing in Suid-Afrika dat geleenthede misgeloop word omdat produsente nie kommersieel geregistreer mag word nie. Intussen was daar verwikkelinge om die vervaardiging van dagga-produkte te vergemaklik. Die landbounavorsingsraad in samewerking met Oos-Kaap Landbou sal ‘n vervaardigings-gids bekendstel om die sektor te reguleer.