Le Clos fokus nou op 100-meter

Suid-Afrika se ster swemmer Chad le Clos, sê hy is teleurgesteld dat hy nie ‘n medalje in die 200-meter vlinderslag in Tokio kon inpalm nie. Na 100-meter het hy nog voorgeloop, maar moes uiteindelik met die vyfde plek tevrede wees. Die wêreld-rekordhouer van Hongarye, Kristof Milak, het die goue medalje gewen in ‘n nuwe Olimpiese rekord-tyd van een-minuut-51,25 sekondes. Le Clos sê hy verskuif nou sy fokus na die 100-meter vlinderslag: