Stellenbosch dalk Afrikaanse letterkunde-dorp

Die DA in Suid-Afrika sê hy ondersteun heelhartig ‘n UNESCO-aansoek om Stellenbosch tot ‘n Afrikaanse letterkunde-dorp te verklaar. Dit is onder leiding van dr. Darryl David van die Universiteit van die Wes-Kaap. Indien die aansoek suksesvol is, sal die hele munisipale gebied van Stellenbosch amptelik deur UNESCO erken word as een van slegs 39 letterkunde-dorpe in die wêreld. Die status sal Stellenbosch insluit by die uitgesoekte internasionale geselskap van ander letterkunde-stede soos Utrecht, Dublin, Praag, Seattle en Edinburgh.