ANC veroordeel ‘Ramaphosa Must Fall’-planne

Die ANC in die Groter Johannesburg-streek het ‘n plakkaat veroordeel wat op sosiale media versprei word om mense aan te moedig om vandag aan die sogenaamde ‘Ramaphosa Must Fall-optog’ deel te neem. Dada Morero van die ANC sê hierdie soort plakkate is deel van doelgerigte pogings om die regerende party se agenda te ontwrig, om […]

Read More

Omkoper vas vir korrupsie, wat van die een wat geld ontvang het?

Die stryd teen korrupsie in Namibië word heftiger en die rol van hokaairoepers is belangrik. ‘n Swapo plaaslike raadslid van die munisipaliteit van Otjiwarongo, Hilde Noreses, is deur landdros Marilize du Plessis skuldig aan korrupsie bevind en gevonnis tot ‘n boete van 50 000 Namibiese dollar of twee jaar gevangenisstraf. Noreses is in 2018 gearresteer […]

Read More

Toordokter blameer vir roof van N$1,1m

Amalia Akwaake, een van twee beskuldigdes wat aangekla word vir die diefstal van 1,1 miljoen Namibiese dollar van Standard Bank op Arandis sê ‘n toordokter is verantwoordelik vir die misdaad. Sy is twee weke na die arrestasie van die bank se bestuurder Engelborg Strauss in hegtenis geneem. Die saak het in Mei groot opslae gemaak […]

Read More

Onsluste: SA Kerkeraad bou ‘n brug

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het die dood van 20 mense in die onlangse geweldadige protesoptrede in Phoenix in KwaZulu-Natal ten sterkste veroordeel. Die sekretaris-generaal, biskop Malusi Mpumlwana, was deel van ‘n twee-dag provinsiale pastorale besoek wat ook by die Zuma-familie in Nkandla aangedoen het. Die organisasie het saam met die familie gebid te midde […]

Read More

Onstabiliteit in SAPS wek kommer

Die Suid-Afrikaanse parlementêre portefeulje-komitee oor die polisie, sê die algemene onstabiliteit in die Suid-Afrikaanse Polisiediens as gevolg van uiteenlopende redes, is onrusbarend. Die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, het die komitee verseker dat ten spyte daarvan dat hy en die nasionale kommissaris, Khehla Sitole, nie vriende is nie, hulle goed saamwerk en nie […]

Read More

Sluiting van taxi-roete in die Kaap ‘n dapper besluit

Die besluit van die LUR van Vervoer in die Wes-Kaap, Daylin Mitchell, om die minibus-taxiroete tussen Bellville en Mbekweni te sluit was ‘n dapper stap, maar het gelei tot vyf opeenvolgende dae sonder geweld in Kaapstad. Dit is die gevolgtrekking deur ‘n DA-lid in die wetgewer, Ricardo MacKenzie, na ‘n dringende sitting van die Staande […]

Read More

Jeug passeer vandag uit

Die Nasionale Jeugdiens se twaalfde nasionale diens-opname vir opleiding se uitpasseringsparade vind vandag by die Rietfontein-opleidingsentrum plaas. Eregaste is die Namibiese visepresident Nangolo Mbumba, minister van binnelandse sake Albert Kawana, verdedigingsminister Frans Kapofi, jeugminister Agnes Tjongarero, asook haar adjunk Emma Kantema-Gaomas en James Uerikua, goewerneur van die Otjozondjupa-streek. Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Adjunkminister van onderwys sterf

Die adjunkminister van hoër onderwys Veno Kauaria is oorlede. Sy is in die jongste skommeling in April in die pos aangestel. President Hage Geingob het op sy Twitter-blad gesê dat Kauaria die land vir 30 jaar in onderwys en opvoeding gedien het en dat haar afsterwe ‘n groot leemte in onderwys in die land laat. […]

Read More

Internasionale Vriendskapdag vandag herdenk

Vandag is Internasionale Vriendskapdag waarop die hegte band tussen twee of meer mense van enige ras, kleur of afkoms erken en gevier word. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het die dag in 2011 afgekondig. Die VN sê dis ‘n dag wat entoesiasme aanwakker vir ‘n beter wêreld waar almal saamwerk ter wille van die […]

Read More

SA-kieswet moet voor 2024 aangepas word – Maimane

Die leier van die One South Africa Movement, Mmusi Maimane, sê Suid-Afrika se verkiesingstelsel moet voor die volgende algemene verkiesing verander. Die Konstitisionele Hof het verlede jaar beslis dat dele van die Verkiesingswet ongrondwetlik is, veral die dele wat individue verhoed om aan provinsiale en nasionale verkiesings deel te neem. Die parlement het opdrag gekry […]

Read More